LODGE AT THE ANCIENT CITY

Luukse lodge naby Great Zimbabwe Monument.

Tel: +27 (0) 21 855 0395
BESPREEK NOU>>


Lodge At The Ancient City

Wanneer jy die luukse Lodge at the Ancient City binnegaan, betree jy die era van die Koninkryk van Zimbabwe van baie eeue gelede. Die Lodge laat jou dink aan die prag en misterie van die Great Zimbabwe Monument – die beroemde oorblyfsels van ‘n stad wat eens ‘n florerende Afrika-beskawing gehuisves het. Die koloniale regering het die plek die “ Zimbabwe Ruïnes” genoem.

Die Lodge at the Ancient City is op ‘n granietkoppie gebou, met pragtige uitsigte oor ‘n vallei met bome gevul. Die Lodge kyk in die rigting van die Great Zimbabwe Monument. Jy kan dus die “Great Enclosure” met die beroemde Koniese Toring van die Lodge af sien. Die Mutirikwi-meer, die derdegrootste mensgemaakte dam in Zimbabwe, kan ook vanaf die Lodge at the Ancient City gesien word. Die hoofkompleks en gaste-akkommodasie by die Lodge is van klip en dekgras gebou, met strukture van granietbekleding wat die atmosfeer van Zimbabwe se oudste UNESCO Wêrelderfenisgebied vasvang.

 

Die Ligging

Harare en Bulawayo in Zimbabwe is albei slegs ‘n rit van 3 ure weg van die Lodge at the Ancient City.

 

Akkommodasie

Altesaam 48 gaste word in luukse chalets gehuisves. Die chalets sal jou laat voel asof jy ‘n keiser van Afrika kan wees. Daar is 4 gesinchalets, wat elk 4 gaste kan huisves (ekstra beddens kan voorsien word), asook 14 chalets met enkel- of dubbelbeddens. Die chalets is almal en-suite, en toegerus met bad, stort, toilet en wasbak. Vierkantige 13A 220V proppe word voorsien.

Saans skep die kampvure en sagte mbira-musiek by die Lodge at the Ancient City ‘n magiese atmosfeer. Jy kan Table d’hôte maaltye in die opelug-somerhuisie geniet, of as die weer in Zimbabwe nie saamspeel nie, in die grasdak-eetkamer. Reuse granietrotse, kenmerkend van die geologie van baie gebiede in Zimbabwe, maak alles deel uit van die sitkamer en kroeg by die Lodge of the Ancient City.

 

 

Aktiwiteite

Aktiwiteite draai om die Great Zimbabwe Monument. Kundige gidse by die Lodge bied ‘n verskeidenheid uitstappies na die beroemde Zimbabwe Ruïnes, waartydens hulle meer oor die oorsprong, geskiedenis en uiteindelike verval van die stad, die verskeie handelsroetes, asook die geloofs- en sosiale praktyke van die eens florerende gemeenskap vertel. Wildbesigtigingsritte en –staptogte in die nabygeleë Mutirikwi-meer Ontspanningspark, asook uitstappies na die stamgebiede wat rondom die Great Zimbabwe-terrein geleë is, word ook by die Lodge at the Ancient City aangebied.

Benewens ‘n swembad, geskenkwinkel en wassery, bied die Lodge at the Ancient City ook goed-toegeruste konferensiegeriewe vir ‘n maksimum van 40 persone aan. Die Lodge at the Ancient City is ook ‘n buitengewone huwelikslokaal en kan tot 120 huweliksgaste huisves. Vervoer van en na die lughawe kan ook gereël word.